Friday 2 September 2016

Brownie-wafels



Brownie-wafels
genoeg vir 5 – 6 wafels
1 boks met Ina Paarman se brownie-mengsel (asook bestanddele soos op boks aangedui)
100 g pistasieneute (pistachio nuts), grofgekap
50 g bosbessies (cranberries)...
roomys of sjokoladesous vir voorsit

Verhit ’n wafelpan. Maak die brownie-mengsel aan volgens die aanwysings op die boks. Skep mengsel in die wafelpan en braai tot gaar. Plaas wafel op opdienbord en sprinkel pistasieneute en bosbessies oor. Sit warm voor met roomys of sjokoladesous.