Monday 19 September 2016

Petro se Vinnige tunatert



Petro se Vinnige tunatert
Voorverhitte oond 180 C baktyd 15 tot 20 minute
300 ml gerasperde cheddar kaas...
4 snye brood sonder korsies , in klein stukkies gebreek .
30 ml botter
250 ml melk
1 blik tuna in water , gedreineer

2 groot eiers
1 groot ui , gerasper
5 ml bakpoeier
Hou n kwart van die kaas eenkant en meng dan die res van die tertbestanddele , behalwe die bakpoeier
, in n kastrol .
Kook mengsel vir n paar minute oor n lae hitte en roer dit aanhoudend .
Roer bakpoeier daarby en giet dan die mengsel in n gesmeerde oondbak . Sprinkel die kaas wat jy oorgehou het , oor en bak dit in die oond vir 15 tot 20 minute of tot gestol . Sit tert voor met aartappelwiggies en slaai .