Thursday 8 September 2016

Corli se korslose quiche




Corli se korslose quiche
Bestanddele
1 pakkie spek, gesnipper...
1 pakkie sampioene, gekap
1 pakkie Weense worsies, gekap
1 pak spinasie, in repies gesny en gestoom
6 eiers, geklits

1 koppie room
1 koppie cheddarkaas
1 teelepel tiemie
Metode
Braai die spek, sampioene en Weense worsies saam.
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.
Voeg die megsel in die holftes van 'n muffinpan.
Bak teen 180 grade vir 25 minute.