Thursday 8 September 2016

Hoender van Hawaii




Hoender van Hawaii
Bestanddele
4 hoenderborsies
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny...
4 murgpampoentjies, in ringe gesny

Sous
1 blikkie pynappelringe, sous ingesluit
1 koppie barbeque-sous
2 teelepels sojasous
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
Metode
Plaas elke hoenderborsie op 'n stukkie tinfoelie.
Voeg die groente by.
Meng die sous se bestanddele en voeg dit by.
Maak die tinfoelie goed toe, en braai oor die kole of rooster in die oond vir 15 minute (draai om na 7 minute).