Tuesday 16 August 2016

Visvinger-hotdogs




Visvinger-hotdogs    

BESTANDDELE
30 ml mosterd
15 ml bruin suiker
30 ml suurlemoensap
90 ml olyfolie slaaiblare, gewas
Komkommer, in skywe gesny
8 visvingers
Hotdog-rolletjies
Gebraaide uie
METODE
Meng die mosterd, suiker, suurlemoensap en olie goed saam. Braai die visvingers in die oond volgens die aanwysigings op die pakkie. Plaas die rolletjies vir n kort rukkie in die oond saam met die visvingers. Sny die rolletjies oop en plaas die slaaiblare, komkommer, visvingers, sous en gebraaide uie in die rolletjies.