Tuesday 16 August 2016

Rys-muffins




Rys-muffins
BESTANDDELE
300 ml (1¼ koppies) koekmeelblom
300 ml (1¼ koppies) volkoringmeel
300 ml (1¼ koppies) gaar rys
50 ml rosyne (opsioneel)
50 ml suiker
22,5 ml (4½ teelepels) bakpoeier
3 ml (½ teelepel) sout
375 ml (1½ koppies) melk
3 eiers
150 ml (11/₈ koppies) gesmelte botter
METODE
Voorverhit die oond tot 200˚C. Plaas die droë bestanddele in ’n groterige mengbak en meng goed. Maak ’n holte in die middel. Klits die eiers en melk saam en gooi dit saam met die gesmelte botter in die holte in die droë bestanddele. Meng tot net-net gemeng. Smeer die gate en randjies van ’n 12-gat-muffinpan met botter. Skep die mengsel in die gesmeerde gate en bak vir 25 minute. Haal dadelik op ’n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.