Tuesday 16 August 2016

Kaliforniese ontbyt-wrap




Kaliforniese ontbyt-wrap

Bestanddele:

  • 4 groot eiers plus 2 groot eierwitte
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 4 (20 cm) volgraan-tortillas
  • 4 e bokmelkkaas
  • 100 g babaspinasie (sowat 6 koppies)
  • 1 t kanola-olie
  • 1 medium tamatie, saadjies verwyder en fyngekap (sowat 1 koppie)
  • 1 avokado, fyngekap
  • 1 e vars dilleblare, gekap

Metode:

    1. Klop die eiers, eierwitte en ’n knippie sout en peper in ’n medium bak.
    2. Sit die tortillas op ’n mikrogolfbestande bord en bedek dit met klam kombuispapier. Mikrogolf dit op hoog vir 30 sekondes tot net warm en buigbaar.
    3. Smeer 1 eetlepel bokmelkkaas op elke tortilla; bedek met spinasie.
    4. Verhit olie vir 1 minuut in ’n kleefvrye pan. Voeg die eiermengsel by. Kook vir  2 minute tot dit net begin set, roer liggies. Verwyder van hitte; voeg die tamatie, avokado en ¼ t sout by.
    5. Verdeel die warm eiermengsel tussen die tortillas. Garneer met dille, vou dan in die helfte.