Thursday 11 August 2016

Tunagebak




Tunagebak

Bestanddele:
2 uie, fyn gekap
olie
2 blikkies tuna, in water / olie
2 koppies gaar rys (bruin of wit, enige tipe)
200 ml melk
100 – 150 ml mayonnaise
4 groot eiers
1 t mosterd poeier of vars mosterd na smaak
4 t suurlemoensap
Handvol gekapte pietersielie, of ‘n teelepel vol gedroogde pietersielie (dis eintlik net vir kleur en geur, so jy kan dit uitlos as jy wil)
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Gerasperde kaas om bo-oor te strooi

Metode:
Maak die oond lekker warm – so 180 grade. Smeer/spuit jou oondpan deeglik. Braai die uie in ‘n klein bietjie olie tot sag. Sny die tuna blikkies oop en dreineer die olie/water. Klits die melk, eiers en mayonnaise saam. Voeg die mosterd, suurlemoensap en pietersielie by. Geur dit na smaak met sout en peper. Meng die vis-en-rysmengsel in die gesmeerde/gespuite oondpan. Gooi die mayonnaise mengsel oor die vis-en-rys-mengsel, sprinkel kaas bo-oor en bak in die oond vir 30 minute, of tot jy kan sien dat alles gestol is en mooi bruin is bo-op. See More