Thursday, 11 August 2016

Lemoenkoek met Stroop




Lemoenkoek met Stroop
Bestandele:
3 eiers geklits...
1k suiker
1 en 1/2 k meel
1 en 1/2 t bakpoeier

180ml melk
Sout
45 ml margarien
Voeg suiker by eiers en klits goed. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng met eiers. Kook melk en margarien saam. Roer in meelmengsel. Bak 20-30 min 180. Laat bietjie afkoel, prik en gooi sous oor:
SOUS
Bestandele:
1 en 1/2 k suiker
1 k water
45 ml margarien.
Kook 5 min, haal af en voeg 1 k lemoensap en 45ml lemoenskil by. Gooi oor koek
As afgekoel het, sprinkel versiersuiker oor.
Kan ook bedien met styfgeklopte room
"Ek bak my koek in glasbak, gooi die stroop oor en los dit in die bak. Ek skep dit dan blokkiesgewys uit soos benodig."

No comments:

Post a Comment