Thursday 11 August 2016

Boeliebief Gebak




Boeliebief Gebak

5 Uie, opgekap
1 Knoffelhuisie, fyngekap
2 blikkies Boeliebief in blokkies opgesny
7 aartappels, geskil en in blokkies gesny

Braai uie en knoffel in botter tot sag.
Roer in boeliebief en braai dit ‘n rukkie.
Gooi aartappelblokkies bo-op die uie-en boeliebeefmengsel. MOENIE DEURMEKAAR ROER NIE.
Geur met sout en peper.
Gooi ‘n bietjie water by – so 50 ml.
Baie NB: stip oral-oor met botter.
Sit deksel op en kook stadig tot gaar (ongeveer ‘n uur).

Die uie en boeliebeef behoort effens aan te brand – dis deel van die lekker. Roer die hele spulletjie deurmekaar en enjoy!