Friday 12 August 2016

Pynappel-onderstebo-koekies




Pynappel-onderstebo-koekies
Genoeg vir: 9 koekies
Bereidingstyd: 15 minute...
Baktyd: sowat 20 minute
Oondtemperatuur: 180°C

• 1 vanielje-bokskoek (Woolworths s’n is gebruik)
• 3 eiers
• 200ml olie
• 250ml melk
• 9 ingelegde pynappelringe
• 75g geglaseerde kersies
Voorverhit die oond en spuit 9 holtes van twee reuse-muffin- panne met kleefwerende kossproei. Sit ’n skyfie pynappel onderin elke holte, kap die kersies en verdeel dit ook tussen die holtes. Maak die koekbeslag aan volgens die aanwysings en vul die muffinholtes. Bak vir 20 minute; laat effens afkoel. Keer uit en sit voor met geklopte room.
(Tuis Tydskrif)