Friday 12 August 2016

Franse roosterbrood met ’n verskil



Franse roosterbrood met ’n verskil
Genoeg vir 4
• 15 ml olie...
• 250 g sampioene, in dun skyfies gesny
• 8 groot snye witbrood
• sterk Engelse mosterd
• 8 dun snye geroosterde bief of pastrami


• 500 ml gerasperde kaas
• 6 eiers
• 60 ml melk
• 30 ml elk botter en olie
1. Braai die sampioene in die olie tot goudbruin en gaar. Geur goed met sout en peper. Smeer ’n dun lagie mosterd op 4 snye brood en verdeel die bief, sampioene en kaas tussen die broodjies. Maak die toebroodjies toe en druk dit effens vas.
2. Klits die eiers en melk en geur dit met sout en peper. Giet dit in ’n vlak bak en doop elke toebroodjie versigtig in die eiermengsel. Laat dit vir ’n rukkie daarin staan om genoeg daarvan te absorbeer. Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die toebroodjies tot goudbruin en gaar aan albei kante.

(Tuis Tydskrif)