Tuesday 23 August 2016

Die Heeldag-onbytburger




Die Heeldag-onbytburger
Bestanddele
VIR DIE BURGERS...
1 e olyfolie
150 g sampioene, fyngekap
1⁄2 klein ui, fyngekap
2 e tamatiesous

1 e worcestersous
500 g varkmaalvleis
3 e vars platblaarpietersielie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
8 repies strepiespek
4 middelslag-eiers
VIR OPDIENING
2 Engelse muffins, gehalveer en gerooster
Metode
1. Verhit die olie in ’n groot braaipan oor hoë hitte en braai die sampioene vir 5 minute of tot sag. Skep dit in ’n groot bak en hou die pan eenkant.
2. Voeg die ui, tamatiesous, worcestersous, maalvleis, pietersielie en geurmiddels na smaak by die sampioene. Meng goed.
3. Verdeel die mengsel in vier en vorm plat patties. Plaas die pan terug op die stoof oor matige hitte en braai die patties vir 15 tot 18 minute of tot deurgaar. Draai dit af en toe om.
4. Braai intussen die spek in ’n ander pan tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Breek die eiers in die leë pan en braai oor lae hitte totdat die eierwitte geset het en die gele nog sag is.
5. Sit elke pattie op ’n halwe geroosterde muffin voor met spek en ’n eier bo-op.