Tuesday 23 August 2016

Boerbeskuit





Boerbeskuit
225 g (1 k) botter
250 ml (1 k) melk
500 ml (2 k) louwarm water
1 kg meel + 250 g ekstra indien benodig...
2 pakkies kitssuurdeeg


10 ml (2 t) sout

5ml (1 t) suiker

 1 Smelt die botter in die melk en voeg die sout by. Gooi dié mengsel en die water in ’n groot mengbak. Voeg die gis en suiker by 1 k van die afgemete meel.
2 Voeg drie kwart van die meel by die watermengsel en meng goed. Voeg die res van die meel geleidelik by tot ’n sagte deeg vorm. Jy sal dalk nie al die meel gebruik nie.
3 Knie tot mooi glad en blink – vir sowat 7 min. in ’n elektriese menger of vir 10 min. met die hand. As die deeg taai is, kan dit op ’n meelbestrooide werkvlak geknie word om die taaiheid weg te vat.
4 Maak toe met ’n skoon lappie en laat rys op ’n warm plek tot dubbel die volume.
5 Knie liggies af en maak bolletjies die grootte van gholfballe. Pak die panne lekker vol met die bolletjies knus teen mekaar gedruk. Jy kan ’n bietjie gesmelte botter tussen die bolletjies smeer. Laat rys weer tot so ’n entjie bo die pan.
6 Voorverhit die oond tot 200 °C en bak vir 45 min. tot ’n uur.
7 Verlaag die oondtemperatuur tot 100 °C. Draai die heel beskuit om en breek die bolletjies van onder af los. Sit op ’n draadoondrak.
8 Droog uit in die oond tot kurkdroog binne. Dit duur ’n hele paar uur of laat oornag uitdroog.