Thursday 21 July 2016

Wessels se rooifluweelskywe



Wessels se rooifluweelskywe
Wessels wou nie ’n tradisionele rooifluweelkoek bak nie, maar omdat die rooi koek met wit vulsel so mooi is wou hy vlaskywe probeer.

Porsies
10 skywe
Bestanddele
Vlavulsel
Versiersel
   
Instruksies
Koek
  1. Voer 2 losboom, vierkantige panne van sowat 25cm met bakpapier uit en smeer of spuit goed.
  2. Sif die meel en sout saam.
  3. Room die botter en suiker. Klits eiers een vir een by.
  4. Klop vanieljegeursel by.
  5. Maak ’n pasta met kakao en kookwater en klop by die smeermengsel.
  6. Meng die karringmelk en kleursel.
  7. Vou die meelmengsel en melkmengsel om die beurt by die smeermengsel.
  8. Los koeksoda op in die asyn en vou by die beslag. Verdeel die beslag tussen die 2 panne.
  9. Bak sowat 25 minute, tot ’n toetspen skoon uitkom.
  10. Laat koel goed af en sny die koeke mooi gelyk met ’n koekdraad of mes.
Vlavulsel
  1. Verhit die melk tot kookpunt in ’n groot kastrol oor matige hitte.
  2. Voeg botter en suiker saam en roer tot gesmelt. Haal van die stoof af.
  3. Klop koekmeel, mielieblom, vlapoeier, sout en water saam.
  4. Voeg eiergele by en klits goed.
  5. Klits warm melk bietjies-bietjies by om die eiers se temperatuur stadig te lig.
  6. Plaas alles terug in die kastrol oor matige hitte en roer deurgans tot lekker dik (dit prut so).
  7. Verwyder van die hitte en roer geursel by.
  8. Klits eierwitte tot sagte punte en vou versigtig by die vlamengsel.
  9. Laat koel goed af
Versiersel
  1. Klits die roomkaas, room, versiersuiker en geursel saam met die draadklitserhegstuk tot lekker dik.
Sit aanmekaar
  1. Gebruik een van die koekpanne sonder sy bodem.
  2. Plaas een koek onder in die pan.
  3. Spuit of smeer al die vlavulsel oor die koek.
  4. Plaas die ander koek bo-op.
  5. Spuit of smeer die roomkaasversiersel bo oor die koek.
  6. Koel goed af tot mooi gestol.
  7. Sny in reghoeke van 12.5 cm x 5 cm.
  8. Versier bo-op met eetbare blomme of suikerwerk.