Thursday 21 July 2016

Corli se rooifluweelkoek



Corli se rooifluweelkoek
Om Huisgenoot se 100 jaar te vier het Corli een van haar gunsteling-resepte uit dié ikoniese tydskrif aangepas en opgetooi vir die Tuisgebak-uitdaging van die Mode-episode.
Dié koek het ’n fyn tekstuur en die pragtige kleur wat eg-rooifluweelkoek is. Die kante van die koek kan ook afgesny word as jy die naakte voorkoms wil beklemtoon wat nou so hoog-mode is.
Corli het die koek verder versier met gestreepte meringue-soentjies

Porsies
1 groot laagkoek (5-6 lae)
Bestanddele
Koek
Roomkaasversiersel
   
Instruksies
Koek
  1. Verhit die oond tot 180˚C en berei koekpanne voor.
  2. Verroom die botter, suiker en olie saam tot lig. Klits eiers een vir een by, voeg dan die vanielje-ekstrak by.
  3. Meng die karringmelk, kakao en kleursel in aparte bak.
  4. Sif die sout en meel saam en vou bietjies-bietjies by die nat beslag in.
  5. Meng die asyn en koeksoda bymekaar en vou by mengsel in.
  6. Verdeel die mengsel tussen die koekpanne.
  7. Bak vir ongeveer 45 minute of tot koekpen skoon uitkom.
  8. Laat eers effens afkoel voor dit uit panne gekeer word.
Roomkaasversiersel
  1. Verroom die botter, voeg die roomkaas by en klits tot net gemeng.
  2. Voeg die suiker, suurlemoensap en ekstrak by en klits tot romerig. Moenie onnodig klits nie. Indien te slap, voeg nog versiersuiker by of laat dit, in warm weer, net ’n rukkie in die yskas.
Sit aanmekaar
  1. Indien nodig, sny koek se lae reguit af en indien verkies, sny kante van koek af om naakte voorkoms te gee.
  2. Sit roomkaasversiersel in spuitsak met ronde spuitpunt en spuit ronde balle op elke laag koek.
  3. Smeer roomkaasversiersel op elke laag.
  4. Wenk: Die bokant kan versier word met gestreepte meringues of roomkaas-rosies.