Thursday 21 July 2016

Tannie Elizabeth se kaasbotterbroodjies



Tannie Elizabeth se kaasbotterbroodjies
Tannie Elizabeth is ’n “skon-aficionado”, ’n botterbroodjiekenner soos min. Sy het al soveel botterbroodjies beoordeel by die VLV (Vrouelandbouverenging van Kaapland) dat sy net daarna hoef te kyk om te weet of dit ’n sukses is.
Dan breek sy dit oop en glimlag breed as sy ’n fyn krummel en veertjietekstuur sien.

Porsies
12 botterbroodjies
Bestanddele
   
Instruksies
  1. Voorverhit die oond teen 200 °C.
  2. Sif al die droë bestanddele saam en vryf die botter in. Voeg nou die kaas by en meng goed.
  3. Klits die eier en melk saam en sny dit in die droë bestandele in met n mes.
  4. Druk die deeg liggies plat (ongeveer 2 cm) en druk ronde vorms uit (maak dit ongeveer 6 cm in deursnee).
  5. Plaas op ’n bakplaat en verf met die eier en melkglasuursel. Bak tot deurgaar – ongeveer 15 minute.