Thursday 21 July 2016

Wessels se onthulkoek




Wessels se onthulkoek
Die Koekedoor Wessels se onthulkoek is geïnspireer deur Afrikaanse volksliedjies, gediggies en idiome. Die arme ouers word van bakboord na stuurboord gestuur en moet selfs bietjie kan sing.

Porsies
1 koek
Bestanddele
Sponskoek
Gemmerbrood
Toffieappels
Botterversiersel
Filo-strik
   
Instruksies
Sponskoek
  1. Room botter en suiker. Klits eiers een een by. Roer klapper, lemmetjieskil en grenadella by.
  2. Vou bruismeel by.
  3. Verdeel in panne en bak vir sowat 20 minute of tot gaar.
Gemmerbrood
  1. Room botter en suiker.
  2. Klop melasse by.
  3. Sif droë bestanddele saam.
  4. Voeg by smeermengsel.
  5. Roer water by tot hanteerbare deeg vorm.
  6. Rol uit en sny twee sirkels so groot soos die koek.
  7. Maak ook sowat 10 klein ronde koekies en bak van die deeg op die rondte van dieselfde.
  8. Dan as die koek om die ronde kurwe te kry.
Toffieappels
  1. Was sowat 10 groen appels en droog goed af.
  2. Druk stokkie in stingelkant.
  3. Kook al die bestanddele tot hardekraakstadium.
  4. Doop appels in strudel en los op silpat om at te koel.
  5. Sny stokkies so hoog soos die koek.
Botterversiersel
  1. Klop margarien, geursel, sout en versiersuiker saam tot lig en al die suiker opgelos is. Gooi water by tot die regte dikte bereik is.
Filo-strik
  1. Botter filovelle.
  2. Maak sakkie met filo en sit regte kleur candymelts in.
  3. Versier met dan stroke filo om ’n goue lint te vorm. Bak tot bros.
  4. Versier met rolkem-goud en blinkers.
Aanmekaarsit
  1. Sny stukke uit die sponskoek en vervang met gemmerbrood. Plaas leidrade in die holtes. Versier koekies en/of toffieappels met harde versiersel om leidrade aan te dui.
  2. Plaas groot koek onder en versier met botterversiersel, plaas koekielaag op en druk toffieappels in.
  3. Plaas ander koek bo-op appels.
  4. Sit nog ’n koeklaag op.
  5. Versier met botterversiersel.
  6. Sit goue lint bo-op.