Monday 18 July 2016

SPEK EN SAMPIOEN PAP TERT




SPEK EN SAMPIOEN PAP TERT
STYWE PAP 1 liter water
10 ml sout
30 ml botter
625 ml mieliemeel - grofste wat jy kan kry!!


METODE
1. Kook die water, botter en sout saam.

2. Roer die mieliemeel by die borrellende water by en hou aan roer totdat jy voel die meel verdik.

3. Plaas deksel op en prut op stadig vir 30 minute.

4. Laat die pap afkoel terwyl jy die vulsel voorberei

VULSEL
250 g spekvleis - opgekap of maer ham
250 g sampioene - fyn gesny
1 ui - baie fyn opgekap
125 ml spinasie puree - opsioneel
250 ml room of lae vet melk
400 ml cheddar kaas
1 groot blik pit mielies
1 groot blik suiker mielies
sout en peper na smaak
origanum vir bo op strooi
ekstra kaas vir bo op strooi




METODE
1. Braai spek, sampioene en ui tot glansend en bros.
Laat effens afkoel.

2. Voeg die room, kaas, mielies en geur middels by.

3. Pak die pap en die vulsel in lae op mekaar.
Eindig met ‘n vulsel laag.
Sprinkel met kaas en origanum.

4. Bak vir 30 minute by 180 ˚ C.

Variasies:
1. Maak die lagies in kolwyntjie pannetjies vir individuele porsies.
2. Laat afkoel en sny in perfekte vierkant skywe of vorms van keuse.

PORSIES: 8 - 10 persone.