Monday 18 July 2016

Slow Cooker Vleis Geregte





POTGEBRAAIDE BEESVLEIS IN DIE PRUTPOT
Bestanddele: 1.5 kg stuk beesvleis (geskik vir potbraai) (vet verwyder), ‘n bietjie rooiwyn, ‘n 400g blik tamatiestukke – gebruik die beste kwaliteit wat jy kan kry; 3 knoffelhuisies, fyngesny; ‘n bossie vars kruie (roosmaryn, tiemie of basiliekruid is lekker), knippie suiker, sout en varsgemaalde peper na smaak.

Vinnige metode: Smeer die pot met ‘n bietjie olyfolie (dit maak die skoonmaak makliker). Plaas die knoffel, kruie en suiker in die pot. Sit die stuk vleis bo-op en giet die wyn en tamatie bo-oor.
(As jy meer tyd het: Verbruin eers die vleis aan alle kante in ‘n bietjie olyfolie in ‘n swaarbodem-kastrol op die stoof. Sit die vleis in die prutpot. Giet die wyn in die kastrol en laat opkook. Roer om al die lekker bruin aanpaksels op die bodem op te los. Giet die warm wyn oor die vleis.)
Kook op “LOW” vir sowat 8 tot 10 uur; draai die vleis een of twee keer om gedurende die kookproses. ‘n Halfuur voor die vleis bedien word, verwyder dit, sny in dun skywe en plaas terug in die sous. Proe die sous en voeg sout en peper na smaak by. Bedien met pasta, rys, kapokaartappels of brood.
Hierdie is ‘n goeie basiese resep. Varieer dit deur verskillende kruie te gebruik. Groente kan ook bygevoeg word – plaas dit op die bodem van die pot saam met die kruie en knoffel. Omdat die temperatuur so laag is, bly die vitamines in die groente behoue en die groente kook nie te pap nie.
Die groot geheim van prutpot-kookkuns is lekker sterk geurmiddels, anders is alles geneig om waterig en smaakloos te wees.

VARKTJOP EN PATAT IN PRUT POTBESTANDDELE
4 dik varktjops
1 koppie hoenderaftreksel
1 koppie gedroogde appelringe
4 patats
Geursmeersel:
1 eetlepel heuning
½ teelepel mosterdpoeier
½ teelepel gedroogde salie
• Smeer die varktjops met die geursmeersel.
Sit die tjops onder in ‘n prutpot (slow cooker).
Bedek dit met die appelringe en voeg die aftreksel by.
Laat dit teen “hoog” prut vir 4 ure.
Maak die patats toe in foelie. (Jy kan ook heuning oor die patat smeer as jy wil)
Bak in die oond teen 180 grade so 45 minute voor die tjops gaar is.

MAKLIKE BREYANI IN DIE PRUTPOT
Vir ‘n mooier bord kos, kan geelrys en rosyne ook gemaak word. Dan pak jy witrys, lensies en geelrys in lae. Moenie die spul meng nie, want as dit in lae gepak is en jy skep dit mooi uit lyk dit pragtig en die vleis lê dan bo-op die rys en lensie
BESTANDELE
½ koppie kookolie
2 uie, fyngekerf
1 teelepel knoffelvlokkies
2 teelepel breyani-mengsel
1eetlepel masala
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
2 kg gevriesde hoenderstukke
Sout na smaak
1 koppie kookwater
5 groterige aartappels, in groterige stukke gesny
2 eetlepels bruin suiker
250ml room
3 koppies gesoute rys, halfgaar en gedreineer
1 koppie gesoute bruinlensies, halfgaar en gedreineer
• Braai uie in kookolie tot bruinerig.
Seel die buitekant van die aartappels in olie en uiemengsel (dit voorkom dat aartappels fynkook).
Haal die aartappels uit en seel die vleis in die uiemengsel.
Gooi speserye en aartappels by en roer goed.
Voeg sout na smaak by.
Gooi die suiker en kookwater by die vleismengsel en sodra dit kook, skep dit in die prutpot.
Skep ‘n laag rys en dan ‘n dun lagie lensies bo-op vleismengsel en herhaal die lae. Die laaste laag moet rys wees.
Sit deksel op en sit op stadig vir 5 ure of hoog vir 3½ ure.
‘n Halfuur voor opdiening word die room bo-oor gegooi. (Plein joghurt kan ook gebruik word, maar die room is baie lekkerder)

Stadig gesmoorde varklies met lemoen-en-sojasous
1 kg varklies
1¼ k beesvleisaftreksel
½ k donker sojasous
¼ k mirin (Japannese ryswyn)
Sap en gerasperde skil van 1 lemoen
2,5 cm stuk vars gemmer, geskil en in repies gesny
2 knoffelhuisies, in skywe gesny
2 vars, klein rooi rissies
1½ e ligte bruinsuiker
4 steranys
1 kaneelstokkie
500 g Chinese groen groentes soos bok choy of choy sum, mooi afgewerk en gesny
Gestoomde rys, om te bedien
• Sny varklies in 12 stukke en plaas in ’n groot oondvaste kastrol.
• Voeg genoeg water by om dit te bedek.
• Bring tot kookpunt en prut stadig vir 20 minute.
• Dreineer en plaas die vleis in die prutpot.
• Voeg aftreksel, sojasous, mirin, lemoensap en -skil, gemmer, knoffel, rissies, suiker en speserye by.
• Voeg net genoeg water by om die vleis te bedek.
• Plaas op medium tot lae hitte, bedek en prut liggies vir 1 ½ ure.
• Verwyder die deksel en prut onbedek vir 25 minute.
• Voeg die groente by en kook vir nog vyf tot ses minute of tot groente net-net verlep is.

TAMATIEBREDIE IN PRUTPOT
125 ml water
2,5 ml bruinasyn
5 ml droë pietersielie
2,5 ml sout
820 gr tamatie-en uie-smoor (2 x 410gr blikke)
15 ml bisto
60 ml blatjang
15 ml bruinsuiker
6 middelslag aartappels, in kwarte gesny
1,2 kg beesvleis (stewing beef), in blokkies gesny
1 beesvleisaftrekselblokkie
swartpeper na smaak
Was vleis en plaas in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout , peper en tamatiesmoor by. Plaas deksel op en kook vir 3 ure op hoog. Draai hitte af tot laag. Meng bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel. Voeg aartappels by. Sit deksel op en kook vir 2 ure of tot aartappels gaar is. Bedien op kouskous of rys.

Slow cooker pork ribs
Ingredients
1.5 kg pork ribs
1 cup water
1/4 cup sherry
1 tablespoon Worcestershire Sauce
Salt and pepper
BBQ Sauce (your choice) I started with a 1/4 cup over the top of the ribs. Towards the end of the 10 hours I poured more BBQ sauce over the top.
Directions
1. Place ribs sitting up in the Slow Cooker
2. Pour ingredients over the ribs. I poured the BBQ Sauce last and then added a bit more right before I served the ribs
3. Cook LOW and slow for 10 hours in the slow cooker.

Vleisstuk met sampioen-en- bruinuiesop in PRUTPOT
8porsies
250 gr sampioene in skyfies gesny (1 pakkie)
800 gr sampioenroomsop (2 x 400gr blikkies)
250 ml beesvleisaftreksel (1 koppie)
75 ml koekmeel
5 ml knoffelsout
2,5 ml sout
2,5 ml vars gemaalde swartpeper
Knypie paprika
Bietjie olie
1,8 kg beesroosterstuk (pot roast)
62 gr bruinuiesoppoeier (1 pakkie)
Meng meel, knoffelsout, sout, peper en paprika. Rol vleis in meelmengsel en braai in kastrol tot goudbruin aan buitekant. Plaas vleis in bord en verhit nog ‘n bietjie olie in pot en soteer sampioene vir 5 min. Gooi sop, soppoeier, aftreksel en sampioene in prutpot en roer goed. Skep vleis in pot, plaas deksel op en kook vir 6 ure op lae hitte.
Wenk: 2 koppies gevriesde groente kan 60 min voor gaarmaaktyd om is bygevoeg word. As jy haastig is kan prutpot vir 30min op hoog gedraai word

Skaaptjops in tamatie-en-rooiwyn-sous in prutpot
4 porsies
410 gr gekapte tamaties (1 blik)
187 ml rooiwyn (¾ koppie)
125 ml water (½ koppie)
20 ml mielieblom (4 teelepels)
10 ml suiker (2 teelepels)
10 ml droë gemengde kruie
5 ml suiker (1 teelepel)
2 uie, gekap
8 skaaptjops
Sout en peper
Bietjie olie
Verhit olie en soteer uie saam met suiker in braaipan tot sag. Skep in prutpot. Verhit nog olie en braai tjops tot bruin en skep in pot. Strooi sout en peper na smaak oor. Voeg mielieblom by vet wat in pan agter gebly het. Meng tot glad en voeg wyn bietjie- bietjie by sodat dit nie klonte maak nie. Roer water, tamaties, suiker en kruie by. Verhit tot kookpunt. Giet verdikte sous oor tjops, plaas deksel op en kook vir 5ure op lae hitte.

Hongaarse ghoelasj in prutpot
6 porsies
410 gr gekapte tamaties (1 blik)
250 ml beesvleisaftreksel
250 ml suurroom
2,5 ml vars gekapte knoffel
2 uie, gekap
15 ml koekmeel
7,5 ml paprika
1 kg beesvleisblokkies vir ghoelasj
Paar karwynsaadjies
Sout en peper na smaak
Bietjie olie
2 groot wortels, in dun skyfies gesny
1 rooi soetrissie, ontpit en in blokkies gesny
Verhit olie in kastrol, braai vleis vir ongeveer 5 min. Skep in prutpot. Gooi nog olie in pot indien nodig en soteer uie en knoffel tot sag, voeg meel, paprika, karwynsaad, sout en peper by en meng goed. Skep oor vleis. Meng tamatie en aftreksel en gooi oor vleis, plaas deksel op en kook vir 2 ure op hoog. Jy kan nog water byvoeg indien dit te droog is. Voeg wortels en rissie by en kook nog 1½ uur op hoog of tot wortels sag is. Sit ghoelasj saam met suurroom en rys of koeskoes voor.

Sappige biefstuk en groente
6 porsies
1,5 kg beenlose beesroosterstuk (potroast)
Sout en peper
1 blik sampioensop
1 pakkie bruinuiesoppoeier
3 e water
Bietjie olie
2 uie, gekap
½ t vars knoffel, gekap
4 selderystingels, fyn gekap
2 t vars pietersielie, gekap
6 groot wortels, geskil en in dik skywe gesny
6 aartappels, in kwarte gesny
1 Was vleisstuk af en smeer met bietjie sout en peper. Plaas in prutpot.
2 Meng sop, soppoeier en water. Gooi by vleisstuk.
3 Plaas deksel op en kook op laag vir 6 uur.
4 As kooktyd amper verby is, verhit bietjie olie in pan en soteer uie, knoffel en seldery tot net sag. Voeg pietersielie by en soteer nog bietjie. Hou eenkant.
5 Wanneer 6 uur verby is voeg wortels en aartappels by. Skep uiemengsel bo-op. Plaas deksel op en kook verder op laag vir 2 uur of tot vleis sag is
Wanneer jy iets op hoog wil kook, gebruik omtrent die helfte van die aanbevole tyd wat dit gee om die gereg op laag te kook. Hou egter ‘n ogie oor die gereg, want dit kan maklik aanbrand

OXTAIL IN SLOW COOKER
Serves 6….Slow Cooker settings: Low 7 to 9 hours or High 5 hours
2,5 kg oxtail, cut into slices 60 ml flour with salt and pepper to taste
50 ml oil
1 x 410 g can diced tomatoes
50 ml tomato paste
10 ml brown sugar
2 cloves garlic, minced
1 bay leaf
2 sprigs fresh thyme
2 sprigs fresh oregano
3 ml Grated nutmeg
salt and pepper to taste,about 5ml each
2 onions, chopped
2 sticks celery, sliced
2 large carrots, sliced
2 potatoes, peeled and sliced (optional)
750 ml beef stock
250 ml dry red wine
1. Dredge oxtail in seasoned flour. Heat oil and brown oxtail. Place oxtail in the slow cooker bowl and add all other ingredients except stock and wine.
2. Heat stock and wine to boiling. Add to the meat and vegetables. Place bowl in the slow cooker and cover with the lid. Cook for the recommended time, then serve with mashed potatoes and green vegetables.
3. To thicken the liquid, mix 15 to 30 ml cornflour with a little stock or wine. Stir the mixture into the casserole about 30 minutes before the end of the cooking time

Leg of Lamb in the Slow Cooker with Garlic and Rosemary
Serves 6-10
olive or canola oil, for cooking
1 bone-in leg of lamb
4-5 medium potatoes, chopped into chunks
1 head garlic, peeled
salt
a few sprigs of rosemary
about a wineglass full of red wine
Rub the oil all over the lamb and either brown it in a hot pan or throw it on the grill to get some colour. Meanwhile, toss all the potatoes and about half the garlic cloves into the bottom of your slow cooker.
Put the lamb on top of the potatoes, squish a few more cloves of garlic and rub it over the surface, then sprinkle with salt. Toss in a few sprigs of rosemary and pour some wine in around the potatoes, cover (if the bone sticks out, cover the lid with foil to seal in the heat) and cook on low for 6-8 hours. Carve the lamb and serve with the potatoes, finished with a squeeze of lemon, if you like.

SLOW COOKER : LEG OF LAMB (LAMSBOUD)
Ingredients
1 leg of lamb, preferably bone out
1/4 cup olive oil
1/2 cup lemon juice
4 -6 garlic cloves, crushed
1 teaspoon dried oregano
1 teaspoon nutmeg
2 teaspoons dried mint
1 teaspoon sugar
1/4 cup white vinegar
Directions:
Using the crock pot’s ceramic dish, mix together oil, lemon juice, garlic, oregano and nutmeg.
Immerse leg of lamb into the mixture and cook on high for 6- 8 hours until falling apart.
Just before removing meat from crock pot, mix together mint, sugar and vinegar in dish and microwave for 30 seconds until vinegar is hot enough to melt sugar.
Remove meat to serving platter and pull apart with forks until you have chunky shreds of meat.
Drizzle over mint vinegar and serve piping hot.

TAMATIE EN BEES BREDIE (PRUTPOT)
1,2 kg beesvleis (stewing beef)
1 beesvleisaftrekselblokkie
½ k water
½ t bruinasyn
1 t droë pietersielie
1 t sout
Swartpeper na smaak
2 x 410 g-blikke tamatie-en-uiesmoor
1 eetl bisto
4 eetl blatjang
1 eetl bruinsuiker
6 middelslag aartappels, in kwarte gesny
3 wortels in skywe gesny
2 uie grof gekap
(Ek neem gewoonlik net 1 blikkie tamatie en uie smoor en 1 blikkie heel tamaties)
1. Sny vleis in blokkies en verwyder enige bene. Was goed af onder lopende water
2. Plaas vleis in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout, peper en tamatie-en-uiesmoor by. Plaas prupot se deksel op en kook vir 3 uur op hoog
3. Draai hitte af na laag. Meng Bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel
4. Plaas aartappels en wortels en uie in pot. Sit deksel op en laat prut vir 2 uur op laag of tot groente gaar is.
Bedien met rys, stampmielies

BEES EN SAMPIOEN PRUTPOT BREDIE
800 gr Beesvleisblokkies
250 gr Sampioene, skyfies gesny
400 gr Sampioensop (1 blik)
2 Uie, gekap
3 wortels in skywe gesny
5 ml Vars gekapte knoffel
1 Rooi soetrissie, blokkies gesny
1 Groen soetrissie, blokkies gesny
5 ml Droë gemengde kruie
Sout en peper
Bietjie olie
Verhit olie in braaipan en soteer uie en knoffel tot sag. Voeg rissies by en soteer nog 3 min.
Skep mengsel in prutpot. Verhit nog olie indien nodig en braai vleisblokkies tot goudbruin. Geur terwyl braai met sout en peper. Skep gaar blokkies in prutpot. Plaas wortels en indien jy wil, ook aarrtappels bo-op vleisblokkies. Soteer sampioene in vet van braaipan tot sag. Voeg sop en kruie by. Verhit tot kooppunt. Gooi warm sous oor vleisblokkies en groente in pot. Plaas deksel op en kook 8 ure op lae hitte (low)

BBQ Ribs in Slow Cooker
Plaas vark ribbes, so 1-1.5 kg, in stukke gesny in slow cooker. Meng saam: 1 k water, kwart k sherrie of soetwyn, 2 E worcester sous en sout en peper. Gooi bo-oor ribbes en gooi dan enige BBQ sous van jou keuse oor, so halwe bottel, of na smaak. Stel slow cooker op “slow” en laat vir 8-10 ure kook.