Monday 18 July 2016

Aartappel- en Soutbeesvleishappies




Aartappel- en Soutbeesvleishappies
Bestanddele
4 groot aartappels
sout en vars gemaalde swartpeper
125ml (½k) meel
60ml (¼k) melk
1 eier
385g soutbeesvleis, gekap
olie vir diepbraai
Metode
Plaas die helfte van die aartappels, geskil en in stukke gesny, in ’n middelslaggrootte kastrol.  Bedek met water, geur met die sout en bring tot kookpunt.  Kook dit sowat 15 minute tot die aartappels sag is.  Dreineer dit en druk dan die aartappels fyn in ʼn bak.  Skil die oorblywende aartappels en rasper dit grof.  Draai die gerasperde aartappels in ’n kombuishanddoek toe en druk soveel moontlik vloeistof uit.  Plaas die gerasperde aartappels by die ander in die bak.  Roer die meel, melk, eier, sout, peper en soutbeesvleis in.  Strooi meel op ’n skinkbord of bord, maak balletjies van die mengsel en plaas dit op die skinkbord en verkoel ’n uur lank in die yskas.  Verhit die olie in ’n groot, swaar kastrol oor matige hitte en braai dan die happies in sarsies tot goudbruin.  Sit voor saam met ’n doopsous van jou keuse.