Thursday 28 July 2016

Ria se gevulde pampoen



Ria se gevulde pampoen

Bestanddele

1 ysterpampoen (groen van kleur met gladde vel)
2 uie, fyngemaak
spek
kaas
sampioene
Metode
Verhit die oond tot 160 grade.
Sny die bokant van die pampoen oop by die stingel, en hou die dekseltjie eenkant.
Haal die pitte uit.
Braai die uie, spek, kaas en sampioene tot amper gaar.
Skep dit in die pampoenholte.
Sit die pampoendekseltjie op en bak vir 'n 1½ uur.
Sny die pampoen in skywe.
Bedien met jou gunsteling vleisgereg of braaivleis.