Thursday 28 July 2016

Natasha se maklike frikadelle



Natasha se maklike frikadelle

Bestanddele

350 g maalvleis
100 ml hawermout
1 ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
100 g groen appel, geskil en gerasper
20 ml pietersielie, gekap
20 ml tamatiesous
10 ml balsamiese asyn
knippie sout
knippie fyn naeltjies
1 medium eier, geklits
Metode
Verhit oond tot 180 garde.
Meng al die bestanddele saam, en deel in vier om dan vier bolletjies te maak.
Plaas in 'n oondbak en bak vir 25 min.
Draai die frikadelle om en los nog 'n paar minute in die oond.
Bedien met kapokaartappels en groente.