Thursday 28 July 2016

Franse roosterbrood met 'n kinkel



Franse roosterbrood met 'n kinkel
Bestanddele
2 snye brood per persoon
2 eiers vir elke 6 snye brood
⅔ koppie melk vir elke 6 snye brood
sout
peper
vars of droë kruie na smaak
olie / botter
1 - 2 blikkies roommielies (na gelang van die hoeveelheid snye brood)
kaas, gerasper
Metode
Klits die eiers, melk, sout, peper en kruie saam.
Verhit die olie of botter in 'n pan.
Week die snye brood in die eiermengsel tot daar niks oor is nie.
Braai die snye brood in die olie aan albei kante tot ligbruin.
Verhit die roommielies in 'n pot of in die mikrogolfoond.
Skep die mielies op die brood en rasper kaas bo-oor.
Mikrogolf op hoog tot die kaas gesmelt het.
(RSG)