Thursday 28 July 2016

Giny se potmacaroni



Giny se potmacaroni

Bestanddele

1 groot ui, in stukke gesny
500 g - 1 kg maalvleis
½ pak macaroni per 500g maalvleis
1 blikkie heel tamaties, opgesny
1 blikkie chakalaka
1 blikkie botterbone, gedreineer
botter of olyfolie
Metode
Braai die uie in die botter of olyfolie in 'n gietysterpot.
Voeg die maalvleis by en braai tot amper gaar.
Gooi die res van die bestanddele (behalwe macaroni) by en laat dit warm word.
Voeg die macaroni en 'n bietjie water by sodat alles net-net bedek is.
Plaas die deksel op en prut en roer vir 10 tot 15 min tot macaroni sag is.
Bedien met vars kruie en/of parmesaankaas.