Wednesday 6 July 2016

Koelsoem se denningvleis




Koelsoem se denningvleis
Bestanddele
3 groot uie, opgekap
olie
1 kg lamtjops, vet verwyder
3 naeltjies
5 wonderpeperkorrels
2 lourierblare
5 knoffelhuisies, in skyfies gesny
1 teelepel komyn
2 kardemompitte
3  teelepels suiker
1 blokkie tamaryn, opgelos in 1 koppie water
1 teelepel neutmuskaat
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
Metode
Kook aartappels tot gaar en hou eenkant.
Sprei die uie oor die bodem van 'n swaarboompot.
Bedruip die uie met olie.
Voeg die wonderpeper, naeltjies, knoffel, kardemom en lourierblare by.
Rangskik die tjops in 'n enkellaag bo-op die uie.
Giet die tamarynsous oor.
Strooi die neutmuskaat, sout, komyn, suiker en swartpeper oor.
Bedek met 'n digpassende deksel.
Kook vir 15 minute op hoë hitte.
Verlaag die hitte en prut vir 45 minute.
Die vleis moenie uitdroog nie - voeg water by, indien nodig.
Die sous moet dik, taai en soet wees.
Bedien saam met die aartappels.