Wednesday 6 July 2016

Framboos vierkante




Framboos vierkante
(maak 12)
1 ¼ k koekmeelblom, gesif
1 ¼ k hawermout
1 k margarine/botter, gesmelt
1 k bruinsuiker
1 t vanielje geursel
Knippie sout
1 k frambooskonfyt
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n bakplaat (± 23 cm x 18 cm) met kleefwerende sproei.
Meng die koekmeelblom, hawermout, margarine/botter, bruinsuiker, geursel en sout in ‘n mengbak. Skep die helfte van die mengsel in die voorafbereide bakplaat en druk plat. Smeer die konfyt eweredig bo-oor en bedek met die res van die hawermout-mengsel. Bak vir 15 – 20 minute tot goudbruin. Sny in vierkante terwyl dit nog warm is. Bêre in ‘n lugdigte houer.