Thursday 21 July 2016

Italiaanse lamskenkels



Italiaanse lamskenkels

Vir 4 | Voorbereityd 10 minute

• 4 lamskenkels
• 1-2 koppies vleisaftreksel
• 1 koppie rooiwyn
• 1 bottel (350 g) pastasous (Puttanesca)
• ½ ui, fyn gekap
• 1 groot wortel, fyn gekap
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap


1. Plaas al die bestanddele saam in die pot of slowcooker.

2. In ’n prutpot (slowcooker) kook jy dit op laag vir 8 ure of hoog vir 4 ure. Oor louwarm kole vir 4 ure. In die oond teen 150°C vir 4 ure, of teen 100 °C vir 8 ure.

3. Sit voor met bros aartappelwiggies of rys.