Thursday 21 July 2016

Beeskortrib-potjie



Beeskortrib-potjie

Vir 6 | Voorbereityd 15 minute

• 1 kg beeskortrib
• ½ koppie meel
• ½ teelepel swartpeper
• 1 ui, gekap
• 1 selderystingel, gekap
• 2 lourierblare
• ¼ koppie Worcestershiresous
• 2 koppies beesvleisaftreksel
• 4 aartappels, in groot stukke gesny
• 3 wortels, in groot stukke gesny


1. Skud die stukke kortrib, meel en peper saam in ’n plastieksak. Braai die vleis met die ui oor ’n hoë hitte in ’n enkellaag in ’n wye swaarboompan of die platboom-swartpot waarin jy dit gaan maak. Pak dit daarna in ’n prutpot (slowcooker) saam met die res van die bestanddele of voeg alles by die swartpot en bedek die bek met foelie en ’n deksel.

2. In ’n prutpot kook op laag vir 8 ure of hoog vir 4 ure. Oor louwarm kole prut stadig vir 2½ ure. In die oond bak teen 150°C vir 2½ ure, of vir 100 °C vir 7 ure.

3. Hierdie potjie is selfs nog beter die volgende dag. Verwyder die laag vet wat bo-op gevorm het voordat jy dit verhit. Bedien met gebotterde spruitkool en rys.