Thursday 21 July 2016

Brasiliaanse klappermelkvarkbredie



Brasiliaanse klappermelkvarkbredie

Vir 4-6 | Voorbereityd 5 minute


1 kg varkvleis (verkieslik skouer of boud)
1 koppie klappermelk
2 eetlepels tamatiepasta
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1 eetlepel fyn gerasperde gemmer
4 eetlepels kerriepoeier
2 rooi soetrissies, in groot stukke gekap
1 ui, gekap
1 koppie klappermelk
½ koppie gemmerbier
½ koppie hoenderaftreksel
50 g geroosterde kasjoeneute, gekap vir garnering
’n handvol koljanderblare, gekap vir garnering


1. Sny die vleis in 4 stukke en verwyder die meeste van die vetlaag. Plaas dit saam met al die bestanddele in die bak of ’n platboom-swartpot wat met ’n laag foelie en ’n deksel bedek word.
2. In ’n prutpot (slowcooker) kook op laag vir 8 ure of hoog vir 4 ure. Oor louwarm kole prut stadig vir 2½ ure. In die oond bak teen 150°C vir 2½ ure. Of teen 100°C vir 6 ure.
3. Trek die vark in repe en bedien met die sous op rys. Sprinkel met gekapte kasjoenneute en koljander.