Thursday 28 July 2016

Glutenvrye amandelmeel-muffins



Glutenvrye amandelmeel-muffins

Bestanddele

¼ koppie (± 65 ml) heuning
¼ koppie (± 65 ml) olyfolie
2 eetlepels (30 ml) suurlemoensap
1 eetlepel (15 ml) suurlemoentiemie, blaartjies van takkie gestroop
2 koppies (500 ml) amandelmeel
½ teelepel (2.5 ml) bakpoeier
¼ teelepel (± 1 ml) koeksoda
1 teelepel (2.5 ml) sout
2 eiers
Metode
Verhit die oond tot 160°C.
Spuit ‘n muffinpannetjie met kleefwerende sproei.
Verhit die heuning, olyfolie, suurlemoensap en suurlemoen-tiemie oor matige hitte.
Laat die mengsel vir ± 2 minute prut, verwyder van die hitte en laat effens afkoel.
Voeg die amandelmeel, bakpoeier, koeksoda en sout in ‘n mengbak saam.
Meng die heuning-mengsel by die droë bestanddele.
Voeg die eiers een vir een by en meng deeglik na elke byvoeging.
Skep die holtes van die muffinpannetjie driekwart vol en bak die muffins vir 20-25 minute of tot goudbruin en ‘n toetspen skoon uitkom.
Laat die muffins vir ± 10 minute in die pannetjie rus.
Haal uit en laat verder op ‘n draadrakkie  afkoel.