Thursday 28 July 2016

Cindy se Maldives-kerrie



Cindy se Maldives-Kerrie

Bestanddele

6 hoenderborsies, in repies gesny
2 eetlepels grondboontjie olie (of olyfolie)
1 eetlepel sesamsaadolie (of olyfolie)
1 cm vars gemmer, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
1 brandrissie, gekap
1 pakkie groenkerrie-smeer
1 x 410 g blik klappermelk, skud goed
½ kop broccoli
handvol groen aspersies
1 koppie ertjies
1 pakkie sampioene, gehalveer
2 eetlepels sojasous
Metode
Verhit olie in pan.
Braai die hoender tot bruin.
Voeg die gemmer, knoffel, rissie en kerriesmeer by.
Roer vir 3 minute.
Voeg die klappermelk en groente by.
Prut vir 15 minute.
Bedien op Basmatirys met vars koljander. (voeg 1 teelepel olyfolie en 1 eetlepel vars suurlemoensap by Basmati)