Monday 11 July 2016

FRIKKADEL-PASTEI



Gebruik skilferkors of 'n slap deegie vir die pastei:
FRIKKADEL-PASTEI
FRIKKADELLE...
750 g gemaalde beesvleis
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, fyngekap
1 rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)
1 groot geelwortel, geskil en fyn gerasper

1 K vars broodkrummels
1 t tamatiesous
1 E blatjang
1 E Worcestersous
1 t mosterdpoeier
Sout en varsgemaalde swartpeper
2 t droe gemengde kruie
DEEG
1/2 K koekmeel
1/2 t bakpoeier
1 t sout
4 eiers
1/2 K melk
3 E gesmelte botter
METODE
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n groot bak. Gebruik jou hande om te sorg dat al die bestanddele goed deurgewerk is. Vorm frikkadelletjies so groot soos tafeltennisballetjies en rangskik styf teen mekaar in ‘n gesmeerde oondbak.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die eiers en meng met die melk en gesmelte botter. Voeg dit by die meelmengsel en meng goed tot glad en sonder klonte. Gooi die deegmengsel oor die frikkadelle en bak in ‘n voorverhitte oond van 180 grade C vir 50tot 60 minute.