Monday 11 July 2016

Lui Huisvrou se Spek en Eiers




Spek en Eiers - Annelien
Resep
2 Eiers...
4 Repies spek, klaar gaar, gekap of heel
60ml Broodkrummels, droog (kan vervang word met suiwer parmasaan kaas of amandel meel van dieselfde volume vir die Banting dieet)
10ml Origanum, gedroog

15ml Parmasaan kaas, gerasper
Sout en Peper na smaak

Metode:
1. Spuit die rammekin of vuurvaste bakkie waarin jy die ontbyt gaan bedien uit met kleef werende kos sproei of vee uit met klapper olie. Voor verhit die oond na 200 grade C.

2. Breek die eiers versigtig in die bakkies en plaas die groente en die spek in hopies waar jy dit gespasieer wil hê. Jy sal sien dat die spek en die groente nie mooi in die eierwit wil gaan nie, maar skuif dit effens rond en dit sal wel op die bodem gaan sit.

3. Sprinkel dan die mengsel van broodkrummels, parmasaan en origanum oor die eierwit gedeeltes.

4. Sprinkel nou sout en peper oor die dis na smaak en bak in die oond op 'n bakplaat. Bereken die baktyd vir die eiers se gaarheid soos volg: 5-7 min vir sagte geel wat nog loperig is, 7-10 minute vir effens sagte tot harde eiergeel.

5. Bedien dadelik met tuisgebakte brood en konfyte.