Monday 11 July 2016

KERRIE- EN PIESANGFRIKADELLE




KERRIE- EN PIESANGFRIKADELLE
2 dik snye witbrood
125 ml karringmelk of amasi of 125ml melk met so halwe eetl asyn
1 kg maalvleis
1 ui, gerasper...
1 eier

12,5 ml blatjang
2 ml kerriepoeier
2 ml neutmuskaat (opsioneel)
2 ml naeltjies (opsioneel)
Sout en peper
Koekmeelblom

Sous
25 ml margarien
4 groot uie, gekap
25 ml koekmeelblom
125 ml asyn
15 ml suurlemoensap
750 ml water
12,5 ml kerriepoeier
5 ml borrie
37,5 ml appelkooskonfyt
12,5 ml blatjang
10 ml suiker
6 ryp piesangs

GAARMAAKMETODE: Stoofplaat en oond
Die frikkadelle: Week die brood in die karringmelk en meng dit met die res van die
frikkadelbestanddele, behalwe die koekmeelblom. Vorm frikkadelle, rol dit in die
koekmeelblom en pak dit lossies in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Voorverhit die oond tot
190° C
Die sous: Verhit die margarien in ‘n kastrol en die braai die ui daarin tot sag. Meng al ander
bestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die uie. Snipper nou twee van die piesangs
en roer dit by die sous. Laat die sous ‘n paar minute prut tot die piesangs sag is. Sny die
ander 4 piesangs in skywe en versprei oor die frikkadelle in die oondskottel. Giet die sous
bo-oor, bedek en bak 1,5 – 2 uur tot gaar.
Lewer 6 porsies.
Sit voor met rys, klapper (opsioneel) en mengelslaai.

ALTERNATIEWE GAARMAAKMETODE: Mikrogolf
Die frikkadelle: net soos vir die oond, maar voeg 5 ml paprika by die koekmeelblom
waarin die frikkadelle gerol word. Mikrogolf die frikkadelle 10 minute onbedek by 100%
krag. Hergroepeer die frikkadelle na die eerste 6 minute. Sorg dat die buitenste frikkadelle
nou in die middel is, en andersom.
Die sous: Plaas die margarien en uie in ‘n groot glasbak en mikrogolf 5 minute onbedek by
100% krag. Meng die res van die sousbestanddele, behalwe die piesangs, en roer by die
uiemengsel. Sny 2 van die piesangs in skyfies en voeg by die sous. Mikrogolf 7 minute by
100% krag. Roer na elke 2 minute.
Sny die ander 4 piesang in skyfies en versprei oor die frikkadelle. Giet die sous oor, bedek
en mikrogolf 10 minute by 50% krag en daarna 5 minute onbedek by 100% krag