Wednesday 6 July 2016

Ontbyt-sosaties




Ontbyt-sosaties
(maak 12)
1 pakkie varkworsies
1 pakkie dik spek...
12 kersie-tamaties, in helfte gesny
12 sampioene, in helfte gesny
25 ml olie

Handvol tiemie takkies
Sout en gemaalde swartpeper
12 sosatiestokkies
Druk die varkvleis uit die omhulsel en rol in klein balletjies. Sny die spek in ± 2cm stukke.
Ryg die sosatiestokkie met die bestanddele; varkworsie, kersie-tamatie, sampioen, spek, kersie-tamatie, sampioen, varkworsie. Sprinkel met die olie en tiemie en geur goed met sout en swartpeper. Braai oor die kole of in die oond tot gaar.