Thursday 28 July 2016

Madiba se drienoot-melkkos (vir R30)




Madiba se drienoot-melkkos (vir R30)
Bestanddele
500 g pasta
1½ liter melk
60 ml bruinsuiker
1 teelepel sout
2 teelepel vlapoeier
25 ml botter
1 koppie kaneelsuiker
Metode
Kook pasta tot gaar.
Verhit die melk.
Voeg die vlapoeier by.
Roer goed, en voeg die res van die bestanddele, behalwe die kaneelsuiker, by.
Laat dit vir 10 minute sonder 'n deksel prut.
Skep op en strooi kaneelsuiker oor.
(RSG)