Monday 18 July 2016

Sjokolade Beskuitjie Fudge




Sjokolade Beskuitjie Fudge
​ʼn Lekker vinnige resep vir iemand met ʼn soet tand.
Bestanddele
2 eetlepels kakao
250g margarien
500g versiersuiker
1 teelepel vanilla
1 pak Marie koekies
1 groot eier
Metode
Breek die Marie koekies grof, nie poeierfyn nie.  Klits die eier saam met die vanilla. Smelt die margarien oor ʼn lae hitte.  Wanneer die margarien net gesmelt is, voeg die kakao, versiersuiker en geklitste eier by.  Verwyder die mengsel van die hitte af, gooi die koekiekrummels by en meng goed.  Gooi dan die beslag in ʼn gesmeerde/gespreide bak en sit in die yskas - laat dit goed koud word.  Sny in blokkies en geniet dit!