Monday 27 June 2016

Wortel-en-tamatiebredie




Wortel-en-tamatiebredie
Genoeg vir 4 mense
80 ml (⅓ k) meel
sout en vars gemaalde swartpeper
3-5 ml (½-1 k) paprika
800 g skaapskenkels, in 2 cm- stukke gesny
30 ml (2 e) olie
20 g botter
1 ui, grof gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
300 g wortels, grof gekap
1 blik (410 g) gekapte tamaties
200 ml rooiwyn
20 ml (4 t) blatjang
5 ml (1 t) worcestersous
handvol vars kruie soos pietersielie of origanum
Meng die meel, sout, peper en paprika en rol die vleisstukkies daarin.
Verhit van die olie en botter en braai die vleis ’n bietjie op ’n slag tot goudbruin.
Skep uit en hou eenkant.
Verhit die res van die olie en botter en braai die ui, knoffel en wortels ’n paar minute.
Geur met sout en peper.
Skep die vleis terug in die kastrol en voeg die tamaties, rooiwyn, blatjang en worcestersous by.
Roer tot alles goed gemeng is en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat prut sowat 1 uur of tot die vleis sag is.
Geur na smaak en roer die vars kruie deur die bredie.
Sit voor saam met rys of kapokaartappels.