Monday 27 June 2016

Gortsop met worsfrikkadelle



Gortsop met worsfrikkadelle
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 25 min.
Gaarmaak: 1 uur

FRIKKADELLE
500 g boerewors
SOP
250 ml (1 k) gort
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
2 stele seldery, gekap
4 wortels, geskil en in blokkies gesny
2 vleisaftrekselblokkies
8 x 250 ml (8 k) water
5 ml (1 t) gedroogde origanum
250 ml (1 k) ertjies
sout en vars gemaalde swartpeper
Voorverhit die oond tot 200 °C.
  1. Frikkadelle Druk die maalvleis uit die derm en maak frikkadelletjies. Pak op ’n bakplaat en braai 15-20 min. of tot goudbruin en gaar in die oond.
  2. Sop Kook die gort volgens die aanwysings op die pakkie. Dreineer en hou eenkant.
  3. Verhit die olyfolie in ’n kastrol en roerbraai die uie 1 min. Voeg die seldery en wortels by en roerbraai ’n paar minute.
  4. Voeg die aftreksel, water en origanum by en bring tot kookpunt. Laat 20 min. stadig prut en voeg die gort en ertjies by. Laat nog 10 min. prut en geur met die sout en peper na smaak.
  5. Voeg die frikkadelle by die sop en skep op. Sit voor saam met brood, parmesaanskaafsels en pietersielie.