Monday 27 June 2016

Kanya se rooifluweelkoek



Kanya se rooifluweelkoek
Kanya het hierdie resep by haar vriendin Lorna gekry, maar eie aan Kanya se aard het sy bietjie gespeel met die resep en dit haar eie gemaak. Die 6 eiers klink dalk baie, maar dit help om 5 mooi lae te kry vir ’n imposante koek. Die resep kan ook vir kolwyntjies gebruik word
Porsies
1 koek (5 lae) of 5 dosyn kolwyntjies
Bestanddele
Koek
Roomkaasversiersel
  
Instruksies
Koek
  1. Voorverhit die oond na 180°C en voer 5 x 20 cm koekpanne uit.
  2. Meng die karringmelk, die voedselkleursel en die suurroom.
  3. Sif die koekmeel, kakao, koeksoda en sout 3 keer saam.
  4. In ’n aparte bak, klits die strooisuiker en eiers saam tot dit ’n lint vorm as jy die klitser uitlig. Terwyl jy aanhou klits, voeg die volgende in ’n dun stroom by: die olie, gesmelte botter en vanielje.
  5. Vou die droë bestanddele en nat bestanddele beurtelings by die eiermengsel in tot goed gemeng, maar nie oormeng nie.
  6. Bak vir 35-40 minute. Laat ’n paar minute in die pan afkoel en keer uit op afkoelrak. Laat goed afkoel en versier.
Roomkaasversiersel
  1. Room die botter en roomkaas tog lig en donsig. Klop die versiersuiker bietjies-bietjies by. Geur verder met vanielje en temper met sout.