Monday 13 June 2016

SOET BOERE KERRIE




SOET BOERE KERRIE
BESTANDELE:
30 ml Olie
1,5 Kg bees waarmee jy bredie maak
2 groot uie...
30 ml kerriepoeier
6 knoffelhuisies, gekap


1 blik (420 g) gekapte tamaties
2 lourierblare
Warm bief aftreksel
30 ml bruinsuiker of appelkooskonfyt, na smaak
Sout en swartpeper, na smaak
METODE:
Verhit die olie in ‘n pan en verbruin die vleis, verwyder en sit dit vir eers eenkant.
Soteer die uie in die orige olie tot sag. Gooi die kerriepoeier oor en roerbraai vir omtrent 15 sekondes.
Voeg nou die knoffel by en braai vir so 1 minuut.
Gooi die vleis terug in die pan en voeg die tamaties by.
Laat die mengsel kook en voeg dan die lourierblare en klein bietjie aftreksel by.
Bedek en prut vir so 2 ure oor lae hitte of tot die vleis sag is.
Meng die suiker of konfyt by en bedien met rys.