Tuesday 28 June 2016

Sjokolade-en-koffie poeding




Sjokolade-en-koffie poeding
Vir 6 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 30 minute
¾ koppie suiker
1 koppie meel...
½ koppie onversoete kakoa-poeier
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout

½ koppie melk
1/3 koppie botter, gesmelt
Bolaag
¾ koppie suiker
¼ koppie bruinsuiker
¼ koppie onversoete kakao-poeier
knippie sout
1 teelepel vanielje-geursel
1¼ koppie sterk koffie, kokend
1. Smeer ’n 22x22 cm oondbak of ’n platboompot met botter. Voorverhit die oond tot 180 ºC.
2. Meng die suiker, meel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Roer dan die melk en gesmelte botter daarby tot gekombineer en krap die mengsel uit in die voorbereide bak of pot.
3. Sprinkel die droë bestanddele vir die bo-laag in volgorde (eers die suiker, dan die bruinsuiker, gevolg deur die kakao-poeier en die knippie sout) oor die poeding en gooi die vanielje en kokende koffie stadig oor die agterkant van ’n houtlepel oor die poeding. Moenie die poeding enigsins roer nie.
4. Bak oop in die oond, of in ’n pot oor matige kole met ’n paar kooltjies op die deksel, vir 30 minute – die middel moet nie heeltemal gestol wees nie. Bedien warm met roomys of vla.