Tuesday 14 June 2016

Sanet se pretzels



Sanet se pretzels
As ’n Weskus-meisie wou Sanet bitter graag pretzels maak met ’n bier van Darling-brouery. Toe trek sy Steph Weiss, een van die eerste craftbiere van die plaaslike mikrobier-revolusie. Haar planne om die bier se vanielje, wonderpeper, naeltjie en veral die prominente piesangsmaak te beklemtoon het goeie vrugte afgewerp.

Porsies
8 pretzels
Bestanddele
Pretzels
Vir kook
Glaseersel
  • 1 eier (geklits met water)
  • 15 ml sout (vlokkerig, vir sprinkel)
Piesangblatjang
Kaneeldoopsous
  
Instruksies
Pretzels
  1. Verhit bier tot +/- 45°C.
  2. Meng die bier, suiker en sout, sprinkel die kitsgis oor en laat staan vir sowat 5 min. of tot skuimerig.
  3. Sit dit saam met die meel en botter in die bak van ’n elektriese menger met die deeghak aan. Meng op lae spoed tot dit bymekaarkom. Knie nog 5 minute teen mediumspoed tot die deeg elasties is en wegtrek van die bak se kant. Plaas deeg in ’n bak wat liggies met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys vir 1 uur op ’n warm plek.
  4. Verhit die water en koeksoda saam in ’n groot kastrol. Knie die deeg liggies op meelbestrooide oppervlak. Verdeel die deeg in 8 ewe groot stukke en rol elkeen uit in ’n dun wors van +/-50 cm lank.
  5. Maak ’n U-vorm met elke rolletjie, kruis die punte 1 keer en vou die punte terug. Druk dit liggies vas op ronding met koue water. Laat rus sowat 15 minute terwyl jy die oond voorverhit tot 200°C.
  6. Sit die pretzels een vir een in die pruttende koeksodawater vir +/- 1 minuut. Gebruik gaatjieslepel om uit te haal en plaas op ’n gesmeerde bakplaat.
  7. Verf die pretzels met eiermengsel en sprinkel sout oor na smaak. Bak vir 15-20 min. tot goudbruin.
Piesangblatjang
  1. Meng al die bestanddele in ’n mediumgrootte pot en kook dit vir 1 ½ uur oor medium hitte. Bottel en verseël die blatjang terwyl dit nog warm is.
Kaneeldoopsous
  1. In die bak van ’n staanmenger met die draadhak, klits alle bestanddele tot gemeng en glad.
  2. Bedien pretzels saam met blatjang en kaneeldoopsous.