Corli se pretzels
My dogtertjie se bynaam is “pampoen”, so die uitdaging van pampoen-pretzels het ek in alle fasette geniet, van vulsel tot doopsous.
|
Bestanddele
Vulsel
- botterskorsie
- 2 feta -wiele
- olyfolie
- esdoringstroop (maple syrup)
- pampoenspeserye
Versiersel
- pampoenpitte
- gekapte pekanneute
- growwe sout
Pekanneut-en-pampoen-botter
- 1 k pekanneute (gerooster)
- ½ k pampoensaad
- 4 e esdoringstroop
- ¾ t pampoenspeserye (kaneel, neutmuskaat en naeltjies)
- ½ t vanielje-ekstrak
- knippie sout
- 50 ml room
Pampoen-kaaskoek-doopsous
- 1 bakkie roomkaas
- 6 wit malvalekkers
- pampoenpuree
- pampoenspeserye
- knippie sout
- 20 ml room
Pekanneut-en-pampoen-blatjang
- ½ k pampoen (in klein blokkies gesny)
- botter (vir braai)
- ¼ rooiui
- ¼ k bruinsuiker
- ½ k neute (fyngemaal)
- pampoenspeserye (na smaak)
Instruksies
Pretzels
- In pan, verhit bier tot louwarm, verwyder van hitte, gooi gis bo-oor en laat oplos.
- In groot bak, laat meng botter, suiker, sout en gis mengsel asook 3 koppies meel.
- Meng op medium spoed. Meng genoeg sodat dit sagte deeg vorm.
- Meng dan laaste meel by sodat dit stywe deeg vorm.
- Knie met hande of in menger vir 6-8 minute. Gebruik deeghak.
- Sit in gesmeerde botter-bak, maak toe met kleefplastiek en laat rys tot dubbel of vir 1 uur.
- Sit oond op 200˚C. Deel deeg in helfte en dan in 8 stukke elk.
- Laat elke pretzel in water vir 30 sekondes, haal uit, laat droog drup en plaas op gesmeerde bakplaat.
- Smeer eier en water oor elke pretzel.
- Gooi oor verlangde geure of versiering, asook sout.
- Bak vir 10-12 minute tot goudbruin.
- Haal af van bakplaat en plaas op draadrakkie en laat afkoel.
Vulsel
- Rooster in oond tot gaar met al die bestanddele. Puree al die bestanddele saam en skep in spuitsak.
Pekanneut-en-pampoen-botter
- Kook pampoen of botterskorsie tot sag in water.
- Rooster pekanneute in oond of op braaipan.
- Sit pekanneute in voedselverwerker en maal tot sag.
- Voeg al die bestanddele in voedselverwerker en maal tot sag en glad.
- Laat afkoel in bak in yskas tot benodig.
Pampoen-kaaskoek-doopsous
- Maak roomkaas met slaplemmes, voeg dan pampoenpuree by en roer tot glad.
- Voeg pampoenspeserye by en knippie sout by mengsel.
- Smelt die wit malvalekkers vir ’n paar minute in mikrogolfoond en vou in by die mengsel, voeg bietjie room by indien nodig.
- Plaas mengsel in yskas om koud te bly.
Pekanneut-en-pampoen-blatjang
- Gooi pampoen in bietjie botter in kastrol en laat braai tot mediumsag.
- Voeg rooiui, bruinsuiker en pampoenspeserye by. Laat kook tot amper stroop.
- Laaste, net voor opdiening, voeg die fyngemaalde neute by en roer tot als gemeng.