Tuesday, 21 June 2016

Sagopoeding Resep




Sagopoeding Resep

 Sagopoeding resep volg: 3kwart kp sago, 1kp volroommelk, 1kp room, bietjie sout, 1 blik kondensmelk, half teelepel bakpoeier, 3 ekstra groot eiers geskei, 1derde kp sagte bruinsuiker
Metode: voorverhit oond op 200 grade C, smeer oondbak.
Verhit sago, melk, room, bruinsuiker en sout oor lae hitte tot kookpunt. Laat ongeveer 30 min liggies prut, roer gereeld.
Verwyder van hitte, laat effens afkoel en voeg kondensmelk, bakpoeier en eiergele by....
Meng goed, klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou liggies in by mengsel.
Skep in bak en bak 20 tot 30 min tot opgepof en goudbruin.
Jy kan kaneel oorstrooi en stip met botter.
ons het dit met vla geniet.
Net wat jul verkies daarby.
Geniet en laat weet of dit so lekker soos myne was!