Tuesday 21 June 2016

LEKKER LEMOENPATATS




LEKKER LEMOENPATATS

Ek moes verlede naweek 4kg patats gaarmaak vir die snoekfees hier by ons.

Hier deel ek graag die resep met julle....
Die resep is vir 1kg patats

1kg patats
4 eetl botter
1 en 1/2 kop bruinsuiker (ligte een)
1 kop lemoensap
1 tl gerasperde lemoenskil
1 eetl suurlemoensap
1/2 tl sout
1 en 1/2 eetl vlapoeier

Die resep se: Kook patats met skil en al - laat afkoel, skil af en sny in skywe
Ek het dit sommer geskil, in blokkies gesny, gekook tot sag en gedreineer
Gooi patats in 'n vuurvaste bak
Smelt die botter in 'n pot
Meng die vlapoeier en suiker en voeg dit by die botter. Meng goed
Voeg die lemoensap by en prut tot glad.
Voeg die lemoenskil, suurlemoensap en sout by en prut net vir 'n minuut of so
Giet die sous oor die patats en bak in voorafverhitte oond (180C) vir 30 minute

Die foto is vir 4 kg patats - mens kan met gemak 2 kg in 'n oondpan kry vir die wat dit wil maak as 'n grootmaatresep
Ek het die resep onmiddelik 4x aangemaak