Wednesday, 15 June 2016

MIELIE & SPEK SOP




MIELIE & SPEK SOP
Mielies is heel bekostigbaar en word binne minute gaar.
Koop bevrore mielies vir die sop en garneer met losgesnyde pitte van heel mielies.
genoeg vir 6 – 8
BESTANDELE:...
40 g (45 ml) botter
45 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap

1 x 250 g-pak spek, grofgekap
1 x 500 g-sak bevrore mieliepitte
500 ml hoenderaftreksel
sout en varsgemaalde swartpeper
250 ml room
1 rooi brandrissie, fyngekap
2 heel geelmielies
METODE:
Verhit botter en olie tot warm in middelslagpot.
Voeg ui en knoffel by en roerbraai vir 3 – 5 minute of tot ui begin verbruin.
Voeg spek by en braai nog 5 – 8 minute of tot bros. Voeg mieliepitte by en braai vir ’n verdere 5 – 8 minute.
Gooi aftreksel by en bring tot kookpunt.
Geur goed met sout en peper. Laat kook vir 5 – 8 minute of tot mielies sag en gaar is. Gooi room by en kook nog 5 minute.
Voeg brandrissie by en verpulp met staafmenger (stick blender) tot gladde, romerige sop. Kook heel mielies in pot met kookwater vir sowat 8 – 10 minute.
Sny die gaar pitte los van die stronke en strooi dit bo-oor sop vir die voorsit.