Wednesday 15 June 2016

Dadel- en Patatkoek




Dadel- en Patatkoek
2 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
340g gekapte dadels ...
200g botter
1/2 koppie lemoensap
1 1/2 koppie bruinsuiker

1 koppie gouestroop
2 teelepels bakpoeier / baksoda
2 koppies geskilde en gerasperde patat
3 eiers, geklop
Sif koekmeel en bakpoeier saam.
In aparte bak meng dadels, botter, lemoensap, bruinsuiker en gouestroop. Mikrogolf tot warm (jammer die jy sal maar moet voel daar was nie 'n tyd saam met die resep nie).
Roer baksoda en patat by die warm dadelmengsel.
Voeg dadelmengsel en geklopte eiers by die meelblom en roer tot net gemeng.
Plaas in ronde los bodem koekpan 25cm deursnee.
Bak teen 180°C vir 30 - 40 minute of tot middel van die koek terug bons.
Hierdie digte koek kan versier word met roomkaasversiering of bedien onversier met druppels “Maple-syrup” (Esdoringstroop) en Mascarpone-kaas.
Karamel-toffiesous, maak hierdie koek heerlik as poeding, baie soos die ou Engelse “sticky date pudding”.