Monday 6 June 2016

koeksister resep

 

koeksister resep – nuut en verbeter

Vir die stroop:
1 kg (1 liter) suiker
5 ml kaneel
2.5 ml gemmer
500 ml water
Gooi 1 kg suiker, 500 ml water, 5 ml kaneel en 2.5 ml gemmer in ‘n pot en kook dit tot ‘n opgeloste vloeistof. STOP. Wag tot die stroop koud genoeg is om in ‘n ander bak te gooi. Laat die stroop oornag afkoel in die yskas. Die yskoue stroop is die eerste geheim van koeksisters maak, so moenie eers met louerige stroop probeer nie ! Wanneer jy dit die volgende dag uitgehaal het, sit die bak in ‘n ander bak met yskoue water en ysblokkies in, sodat die vloeistof koud bly te midde van die oefening.
Vir die deeg:
500 ml koekmeelblom
25 ml bakpoeier
30 ml margarien
100 ml melk
100 ml water
knippie sout
500 ml sonneblom olie (om in te fry my kind)
Verhit (nogal baie warm, maar nie kook nie) genoeg sonneblomolie in ‘n pot om die sistertjies in te braai. Meng 500 ml koekmeelblom, 5 teelepels bakpoeier en knippie sout. Vryf 30 ml margarien in met jou vingers.

Sny 200 ml melk en/of water (ek gebruik 100ml water en 100 ml water) in die meel in. Moenie die meel te veel hanteer nie, hoe minder jy dit hanteer hoe beter.
Rol dit uit op ‘n ligweg-meel-gestrooide oppervlak tot so 5 mm dikte. Sny die deeg in repe van 5 cm breed en 10 cm lank (net ‘n riglyn, dimensioneer na gelang van smaak). Sny die repe verder om elk drie bene te hê. Vleg die bene en druk dit styf vas aan die oop kant.

gesny.jpg



Bak die gevlegte outjies in die olie tot altwee kante ‘n mooi karamel kleur het. En nou vir die tweede geheim: Die koeksister moet nog kook en borreltjies maak, dan moet jy dit al in die yskoue stroop onderdompel het, soveel so dat jy hom sal hoor stroop trek. Haal die koeksister na so minuut uit. Die koeksister behoort baie swaarder te voel as jy hom uithaal.
gebak-en-gedoop.jpg


Gebruik verskillende implemente om die koeksisters in die olie en in die stroop te hanteer, vertrou my, jy wil nie stroop in die olie kry nie.
 
Bietjie asyn of suurlemoensap werk ook, dis net om te help dat die stroop nie sandsuiker nie

Ek het by ‘n tannie gehoor dat die koeksister moet afsak in die olie, tydjie daaronder bly en dan weer opkom. As dit nie afsak nie is die olie te warm, as dit nie weer opkom nie is jou olie te koud.

Try to fry the koeksisters at about 170 deg C

https://mieliepap.wordpress.com/2007/07/25/koeksister-resep/